Find us on Facebook |
|
Grootte en gewig
- Die Dexterbees is die kleinste van die Europese beesrasse (kleinraam), ongeveer die helfte van ‘n tradisionele Simmentaler en Namibiese Braunvieh. Verse en bulle weeg onderskeidelik gemiddeld 19 tot 22 kg en 20 tot 25 kg met geboorte en 300 tot 400 kg en 450 tot 550 kg met volwassenheid.
- Kleur
- Word volledig onder die Standaarde van Voortreflikheid bespreek.
Horings
- Die Dexter-ras kom met of sonder (poens) horings
voor. Horings is redelik kort en dik - groei uitwaarts;
na voor gekrul by bulle en opwaarts by koeie.
Gebruike
- Die ras is tipies dubbeldoel en produseer dus smaaklike vleis en kwaliteit melk.
- Dextervleis is lig gemarmer, van hoë kwaliteit en
het `n unieke smaak. Dextervleis het minder vetlae
as vleis van ander beesrasse en het dus `n goeie
vleis-tot-been verhouding en 'n groter haalbare
uitslagpersentasie, gewoonlik tussen 50 en 60%
van hul lewendige gewig. Aangesien snitte kleiner
is die van groter beesrasse, kan die vleis gemaklik
in `n huishoudelike vrieskas gebêre word. In die
Verenigde State, Europa en Australië word daar `n premie geplaas op Dextervleis - `n faktor wat ryp
is in Suider-Afrika.
- Die melkproduksie van `n Dexter hang hoofsaaklik
af van die koei, haar kondisie en die voeding wat sy
kry, alhoewel dit verwag kan word dat `n koei 7,6 tot
9,5 liter melk per dag kan lewer (dus voldoende om
2 tot 3 kalwers te voed aangesien hulle gereeld kalwers
van ander koeie help voed). Hulle produseer `n
ryk melk, relatief hoog in bottervet (gemiddeld 4%
tot 5%) en proteïen (+ 3,51%) en baie soortgelyk aan
die kwaliteit melk van die Jersey. Sommige mense
glo dat die melk meer natuurlik gehomogeniseer is
a.g.v kleiner roombolletjies wat binne 24 uur van die
melk skei. Nadat die room verwyder is vir die karring
van botter en room, is die melk steeds soet en ryk
genoeg dat goeie kaas en maaskaas vervaardig kan
word.
Bouvorm
- In ag genome hul klein statuur, is die Dexter lank,
breed en diep in bouvorm.
Aanpasbaarheid en gehardheid
- Dexters is uiters aanpasbare beeste en kom feitlik
regoor die wêreld voor - bykans die hele Europa (insluitentend
Noorweë en Swede), die V.S.A. en Kanada,
Argentinië, Australië, Jamaika, Kenia, Zimbabwe,
Suid-Afrika en natuurlik Namibië.
- Dexterbeeste is gehard en benodig baie minder voeding
as die meeste ander beesrasse, aangesien hulle
meer nitrate uit hul voeding opneem. Dexterbeeste
oorleef onder omstandighede waarin die meeste ander
beesrasse dit nie moontlik vind nie.
- Dexterbeeste gedy dwarsoor Namibië - vanaf die
natter noordelike streke tot in die droër westelike en
suidelike dele van die land.
Lewensverwagting, teling en reproduksie
- Dexterbeeste leef lang en produktiewe lewens, selfs
tot op die ouderdom van 17 jaar. Alhoewel dit nie
in Namibië aanbeveel word nie, begin hulle op die
vroeë ouderdom, van so vroeg as 8 maande, reeds
teel en verse kan op 17 maande alreeds hul eerste
kalwers lewer. Meer kalwers beteken meer profyt, AL
WEEG HULLE AANSIENLIK MINDER.
Die Dexter het oor die algemeen klein kalwers en kalf
dus gemaklik en sonder hulp. Hulle is goeie moeders
en steek gereeld kalwers weg indien daar voldoende
beskutting
is. Dexterbulle kan gemaklik by groter beesrasse
gebruik word vir dekking van eerstekalf verse om
kalwingsprobleme
te voorkom. Gemaklike boerdery/hantering
- Die Dexter is intelligent en het oor die algemeen `n
rustige temperament. Tesame met hul klein statuur
is hulle maklik hanteerbaar en baie gewild onder
vroue en kinders, wat gereeld by landbouskoue ingespan
word as hanteerders.
SiektebestandheidDie Dexter is redelik bestand teen siektes en parasiete
wat algemeen onder alle beesrasse in Namibië voorkom. Geskik vir klein en groot plaseDie Dexter se statuur en temperament maak hulle ideaal
vir klein plase (of plotte), maar hulle is net so geskik
vir groter plase. Gedurende die 1980‘s en 1990‘s het die
meeste beesrasse geneig om groter en groter te teel
- deesdae is die neiging egter om eerder te beweeg
na medium-raam diere a. g. v. ons ekstensiewe omstandighede.
Die ras word dus meer en meer populêr in die
suide van Namibië en die suidweste van Suid-Afrika,
terwyl dié ras ONGETWYFELD die antwoord is vir “the
small African farmer.”
|